Afrikaans | English
Kontak: info@sidip.co.za

Kunsmis • Fertilizer
Sidi Parani Kunsmis

      Opbrengs gefokus! Opbrengs gefokus! Opbrengs gefokus!

Sidi Parani (Edms) Bpk is ‘n gevestigde naam (vir meer as 25 jaar) in die kunsmisbedryf van die Noord-Kaap, Namibie, Wes-Vrystaat en Noordwes. Sidi Parani word egter vandag landwyd gehoor en gesien, alsynde ’n kunsmisverskaffer wat oplossings bied vir al die produsent se plantvoedingsbehoeftes. Die maatskappy het in Douglas-omgewing begin met die uitsluitlike doel om vloeibare kunsmis vir die besproeiingsareas te produseer. Die bemestingspakket het vinnig uitgebrei en vandag word ’n volledige reeks produkte landwyd versprei.

Sidi Parani het ten doel om die voorkeur-kunsmisverskaffer te wees, wat die mees wetenskaplike en  koste-effektiewe oplossings bied vir al die plantvoedingsbehoeftes van die produsent - vandaar die leuse: Opbrengs gefokus!.

Verspreidingskanale

Kleinhandel

Suid-Afrika word tans bedien met ‘n netwerk van opgeleide agente in die Noord-Kaap,  Oos-Kaap,  Vrystaat, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo. Die segment van die mark is uitsluitlik die landbousektor in terme van produsente en landboubesighede. Die agente van Sidi Parani word so geposisioneer om deel uit te maak van die waardeketting van produsente. Om die doelwit te bereik is die maatskappy voortdurend besig met opleiding wat wyd strek van landboukundige insette tot besigheidskonsepte. Meeste van die agente is reeds BASOS-gesertifiseer. 

 

Wetgewing

Die formele mark waarin die maatskappy werksaam is is hoogs gereguleerd en Sidi Parani poog om aan alle wetgewing te voldoen. Registrasiedokumente word as sensitief beskou en dus nie gepubliseer nie, maar is op aanvraag beskikbaar.

Navorsing en Toepassing

In plaas van navorsing en ontwikkeling, ondersteun die maatskappy sy strategiese doelwit van optimalisering (Opbrengs gefokus!) deur te fokus op navorsing en toepassing. Dit lei daartoe dat slegs produkte te koop aangebied word wat deur Sidi Parani in die veld getoets is, normaalweg binne 'n bemestingsprogram. Sidi se deskundiges word dan ook so blootgestel aan internasionale voorkeurpraktyke.

Generiese Produkreeks

  1. Korrelkunsmis: Die reeks sluit in enkel-element stikstof-, fosfor- en kaliumprodukte asook verskeie kombinasies N, P en K mengsels met ‘n Ureum- of AN basis.
  2. Vloeibare kunsmis: Sidi Parani vervaardig ’n wye reeks helder oplossings. Die reeks kan verdeel word in suur- en neutrale oplossings.
  3. Mikro-elemente: ’n Volledige reeks mikro-elemente is beskikbaar.
  4. Groeireguleerders en -stimulante: Sleutelalliansies ondersteun die Sidi Parani -reeks om aan die produsent ’n een-stop plantvoedingsdiens te kan lewer.



Tuis | Terme en Voorwaardes | Kontak Besonderhede | Advertensie | CMS | Prys lyste

©2017 Sidi Parani